Who is Caren Faul?
I, Caren Faul (pronounced fall – like falling in love), am a mom, wife and business owner.
I am a passionate portrait photographer since 2013 and made it my full-time occupation in 2020 when I decided to become a full-time birth, newborn & family photographer.
I am based in Klerksdorp, North West, South Africa. I am a mommy to three beautiful kids and a wife to my loving husband.
I’m a former grade R teacher (2014 – 2019) and Afrikaans is my home language. What you see in the photos that I capture, is who I am, it is where my creativity & true self meet.
We live on a farm about 2km west of Klerksdorp, this makes my home & studio an ideal photography location.
We farm with cattle, sheep, & goats. We both love the outdoors and doing our dream jobs.
I am also associated with:
- Caren Faul Bump to Baby Photography
- Caren Faul Birth Photography
- Caren Faul Photography
- Belly Buds 3D Molds and
- Final Touch Photography Props & Dress Rentals
- CK Laser and Print Lab
I also volunteer as a stillborn photographer at ‘Now I Lay Me Down To Sleep’ (NILMDTS). This is a nonprofit organization that delivers a free service to the community.
My passion for detail speaks for itself!

My little Faul army, our house runs on Coffee, Cocomelon & 2 Minute noodles!

I’m a big fan of my family (both sides), I am a family person through and through! My roots go deep and I don’t have any intentions to move to another town – away from them… ever! We are a big happy Faul family!
Meet my Assistant…
Suzelle Vermeulen.
Suzelle is my sister, righthand and assistant. She joined my team in May 2021. She gave birth to her firstborn baby girl, on 18 February 2022. So both of us are moms and know what we want in life, and for our families. As moms, we know what you want from your shoot & handle your precious little pebble as if it is our own. Suzelle goes bananas behind me, to get your baby to smile for that aaaahhhhwww moments!!
We make a super great passionate, patient team!
Wie is Caren Faul?
Caren Faul is ‘n gekwalifiseerde portret fotograaf wat spesialiseer in Geboorte, Baba & Familie fotografie. Sy is ook ‘n geregistreerde lid by die ‘South African Birth Photographers Association’ (SABPA). Sy is gebaseer in Klerksdorp, Noordwes en dien die omliggende dorpe.
Caren se passie vir detail en orde maak dat haar fotografie ‘n oomblik in tyd, ‘vir altyd en ‘n dag’ kan vasvang. Haar toewyding en tydlose geduld maak haar eindproduk meer as besonders. Haar sagte omgee hart word toe “gewrap” saam met elke foto van onthou… sodat jy jare daarna, na die foto’s kan kyk, en die liefde en vrede opnuut ervaar. Haar nuwe idees en kommunikasie vermoëns laat jou sommer vinnig op jou gemak voel. Sy is leergierig maar deel ook graag haar kennis, sy is ‘n liefdevolle vrou en mamma van drie (Wian 2016, Carmien 2018 en Johané 2020).

My rede, my doel en my dryfkrag...
Hierdie is my drie skatebolle, hierdie mamma se alles! Danksy hulle het ek die voorreg om “Mamma,” genoem te kan word.
Van regs: Carmien (2018), Wian (2016), en Johané (2020).
Hoe het my storie ontvou?
Ek is ‘n gebore, klaar ‘n mamma en onderwyseres, met ‘n kamera in my een hand en ‘n verfkwas in die ander. Na vyf wonderlike jare as ‘n grondslagfase onderwyseres het ek besluit om einde 2019 my rooi pen finaal neer te sit. Ek het besef ek mis net te veel van my eie kinders se vormings-jare en dat hulle baie meer gaan baat met, hulle mamma, by die huis.
Ek het so verlief geraak op die hele swangerskap gevoel – almal hou tog daarvan om bederf te word. Die opgewondenheid as geheel, en daardie groot “countdown” wat begin! Dit is asemrowend! Die gereedmaak vir die nuwe mensie wat jy in die gesin gaan verwelkom is onbeskryflik. Die nagte se wakker lê met al die gedagtes in my kop… oor hoe hy/sy gaan lyk, babakamer-idees en dinge wat ons saam gaan doen. Mens sien al tot die gesinsfoto’s teen die sitkamer muur.
En so kom die groot dag toe nader, eers voel dit soos ‘n leeftyd wat net nie verby wil gaan nie, en die volgende oomblik voel dit jy wil die horlosie laat stil staan.
Die geboorte van my kinders het waarlik soos hulle sê “’n dag in my lewe laat stil staan”. Dit was vir my ‘n sprokiesverhaal wat ek nooit wou laat eindig nie. Ek het so lank gedroom van daardie oomblik en niks kon my voorberei vir die werklikheid nie. In… My… Lewe… het ek nie geweet ‘n mens is in staat om soveel emosies op een slag te voel nie. Die oomblik toe ek daai eerste sagte-skaap-blêr-geluidjie van my seuntjie, wat sy eerste huil gee, hoor; was onbeskryflik. Jou moederinstink vat net oor en jy wil meer sien, meer weet oor alles wat daarna gebeur, en dan daardie skielike rustigheid wat oor jou spoel, as hulle daardie dingetjie – wat in doeke toegedraai is – teen jou wang hou vir ‘n foto.
Trane van blydskap stroom, jou kop is skoon. Vir daardie 5-goue-sekondes is daar geen bekommernisse of gedagtes wat deur jou kop stroom nie… dis stil…. jy neem alles net in.
Ek het gedink my troudag was spesiaal… MAAR! Daardie gevoel van mamma en pappa word… is “next level”.
Dis presies daardie oomblik se emosies… en alles wat daarop volg, al die eerstes… waaraan ek verslaaf geraak het. Die harde besef, na die geboorte van my tweede poppie, dat ek nie elke 2de jaar kan swanger raak nie was hartverskeurend. Die moeilikste van alles was om te dink, Hierdie is my laaste keer… Dit het baie emosionele sparteling gevat om tot op die punt te kom waar ek “okay” was. Ek moes vrede maak met die gedagte dat ek nooit weer hierdie wonderlike oomblikke gaan beleef nie. Geen pensie, geen lippies wat aan my suig nie… Dit is die harde realiteit, kinders word groot.
Maar toe kom ek tot die besef; ek hoef nie van daardie wonderlike oomblikke afskeid te neem nie: ‘n oomblik kan in ‘n foto vasgevang word.
Dit is hierdie insig wat die dryfkrag agter my passie vir fotografie is: ek kan ooblikke vol emosie vir my kliënte verewig, op ‘n foto, waarna hulle altyd sal kan terugkyk. Of dit julle eerste of laaste is…ek sal sorg dat julle dit vir altyd onthou.
Ons geboorte-foto’s is van ons waardevolste besittings – as die huis brand, gryp jy dit eerste.
Ek vang die oomblik vas wanneer EK en MY verander in ONS.
Welkom by ouerskap! [Dun-Dun-Duuuuuun]
Liefde
Caren
xxx